Hierdie boek is ontwikkel om die nuwe Kurrikulum- en
Assesseringsbeleid Verklaring (KAV) te ondersteun.
Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in
die KAV uiteengesit is. Die outeurs het die boek se
inhoud so omvattend as moontlik binne die raamwerk
van die kurrikulum saamgestel.
Die hoofdoel van die boek is om leerders toe te rus
met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in
die gasvryheidsindustrie. Dit sal hulle nie net help om
gasvryheidstudies te bemeester nie, maar ook help
om die teorie in die praktyk te kan toepas.